Tuin van Digters 2014 - Breytenbach Sentrum, Wellington
Hoogtepunte uit Tuin van Digters 2014, op 13 en 14 September in Breytenbach Sentrum se digterstuin in Wellington.
Herleef die besonderse fees, propvol van die mooiste woorde, strofes, lirieke en klanke wat ons in die digterstuin gevier het saam met Amanda Strydom, Lina Spies, David Kramer, Diana Ferrus, Marion Holm, Danie Marais en meer.
Die vierdie Tuin van Digters vind 19 en 20 September 2015 by Breytenbach Sentrum plaas.
Video deur Charl du Preez, Inheritance MG -
Breytenbach Sentrum Kursusse
Die Breytenbach Sentrum huisves 'n verskeidenheid kursusse waardeur kreatiwiteit en vaardighede in die kunste geslyp word. Ons reik ook uit na die verskillende gemeenskappe in Wellington en omgewing met 'n aantal projekte en inisiatiewe.
In hierdie video kyk ons na die leesvaardigheid, kuns, dagsorg, syskerm drukwerk, sementwerk en drama kursusse en gesels met die fasiliteerders oor wat die projekte vir hulle en die studente beteken.
Kontak gerus info@breytenbachsentrum.co.za of 021 8732786 vir meer inligting oor ons kursusse, projekte en gemeenskapsbetrokkenheid.
Tuin van Digters 2015
Vind #DIGKUNSVIRALMAL by Tuin van Digters 2016, 16-18 September by Breytenbach Sentrum in Wellington.
'n Terugblik op die onvergeetlike Tuin van Digters 2015, teen die roerende agtergrond van Sisca Julius se 'n Gedig vir my ma? en Lize Beekman se Ek het jou lief.
Vind die volledige program waarin Sisca Julius weer verskyn by
Adam Small by Tuin van Digters op KykNET Kwêla
Na dekades se stilte het Adam Small sy eerste openbare verskyning gemaak by Breytenbach Sentrum se Tuin van Digters op 14 September 2013 in Wellington. Kwêla was daar om die onvergeetlike oomblik vas te vang en Adam Small het 'n eksklusiewe, in-diepte onderhoud aan Suzaan Steyn verleen.
Video used with permission. © 2013 KykNET Kwêla.
Tuin van Digters 2013: Kabous Meiring lees Marlene van Niekerk se Mud School
Tydens Tuin van Digters 2013 is 'n ope uitnodiging aan digters gerig om te reageer op Marlene van Niekerk se Mud School, wat sy aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, geskryf het en in die Mail & Guardian gepubliseer is.
Dié gedig volg nadat afgevaardiges - waaronder die skrywer Njabulo Ndebele en die aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk, Thabo Makgoba – die haglike omstandighede van die sogenaamde modderskole in die Oos-Kaap beleef het. In die Sunday Independent van 12 Mei 2013 nooi Makgoba die publiek uit om druk te plaas op Motshekga en die regering om dringend aandag te skenk aan die verwaarlosing van ons skole. Ons uitnodiging aan digters het hierop gevolg.
In oploop tot Tuin van Digters 2014, 13 & 14 September, deel ons graag Van Niekerk se gedig, soos voorgelees deur Kabous Meiring. 'n Aantal van die reaksies volg oor die volgende paar dae.
Tuin van Digters 2014-program:
Film deur Charl du Preez, Inheritance MG,
Tuin van Digters 2016
Breytenbach Sentrum se jaarlikse Tuin van Digters-fees was weereens 'n hoogtepunt op Wellington se 2016 kalender.
Kyk uit vir 2017 datums by
Video deur Gys Loubser en Nelius Nieuwenhuys - Photo Collective.
Tuin van Digters 2013: Anne-Ghrett Erasmus reageer op Marlene van Niekerk se Mud School
In haar treffende gedig vra ons Breytenbach Galery se eie Anne-Ghrett Erasmus ernstige vrae aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, in reaksie op Marlene van Niekerk se Mud School.
Kom geniet die digkuns by Tuin van Digters 2014, 13 & 14 September.
Volledige program:
Film deur Charl du Preez, Inheritance MG:
Mallies & Die Sakemanne - BURGER STRAAT
Mallies & Die Sakemanne
Breyten Breytenbach het n noue verbintenis met Wellington.
Dit is sy grootworddorp, sy alma mater is Hugenote Hoerskool en sy voormalige ouerhuis word as n sentrum (Bordieng Huis) ter ere van hom bedryf.
Tydens een van hierdie wereldbekende skrywer se besoeke aan sy tuisdorp, kon hy en sy vrou geen blyplek by n gastehuis vind nie, Uiteindelik is hulle op n plaas in die Bovlei gehuisves.
Hierdie plaasverblyf het so n groot indruk op Breyten gemaak, dat hy n gedig , Sondag 8 Maart 2015, daaroor geskryf het sedertdien elke keer op dieselfde plaas tuisgegaan.
Die bekende besigheidsman Mallies Le Roux, wat ook wortels in Wellington het, het van hierdie gedig kennis geneem en na aanleiding daarvan n liedjie vir Breyten geskryf.
Mallies, wat eintlik n spesialis in arbeidsverhoudinge en menslike hulpbronpraktyke is, het in 2014 n orkesgroep, die Sakemanne gestig en sing gereeld by optredes. - Jaomi Zeeman (Paarl Post)
Mallies & Die Sakemanne
Vocals & Guitar - Mallies Le Roux
Vocals & Guitar - Lance Faure
Vocals & Guitar - Tertius Nimb
Lead Guitar - Ian Visser
Bass Guitar - Cobus Steenkamp
Percussion - Anthont Smook
Video Opname - Stefan Botha Produksies - stefanbotha.co.za
Klank Opname - De Wet Van Der Spuy
Video is opgeneem in Die Breytenbach Sentrum (Bordieng Huis), Wellington
Tuin van Digters 2013: Elsibe Loubser McGuffog reageer op Marlene van Niekerk se Mud School
Hy-sê-Sy-sê se Elsibe Loubser McGuffog reageer met haar driftige gedig by Tuin van Digters 2013 op Marlene van Niekerk se Mud School, geskryf aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.
Elsibe was een van vele digters wat hul gedigte kom voorlees het. Kom maak self ook so tydens ons 2014 digtersfees, 13 & 14 September.
Volledige Tuin van Digters program:
Film deur Charl du Preez, Inheritance MG,
Wie mag ‘n kind aanneem? Seg 2 - PRONTUIT | 15 April 2019 | kykNET
Hoe word aanneming bewerkstellig en watter impak het die proses op die kleinding wat ‘nuwe lewe saam met nie-biologiese ouers gaan deurbring? Vanaand gesels ek met Karin Steyn ‘n sielkundige, Willemien Marais, wat self onlangs ‘n dogtertjie aangeneem het en Karin van der Riet, Assistent Direkteur by Tutela - ‘n welsynsorganisasie wat maatskaplike hulp aan onder andere weeskinders verleen, oor die uitdagings wat ouers wat ‘n kind wil aanneem in die gesig staar, maar ook die voor en nadele van aanneming.
How does one go about adopting a child and what are the effects of adoption on children who are lucky enough to find a loving home and parents? We chat to Karin Steyn a psychologist, Willemien Marais, who recently adopted a little girl and Karin van der Riet, Assistant Director at Tutela an organisation which provides assistance to orphans and adoptive parents, who has a long history in social work in the country, about the challenges and joys of adoption.
---
Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot.
Volg kykNET op Twitter:
Like kykNET op Facebook:
Besoek
kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie!
Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!
McGregor se eerste gedigtefees
Toe McGregor 21-23 Junie 2013 hul eerste Gedigtefees/Poetry Festival gehou het, was Huisgenoot se Elna van der Merwe daar. Hier is drie van die digters met wie sy gesels het.
Volg ons ook op en
Tuin van Digters 2013: Wilma Barry reageer op Marlene van Niekerk se Mud School
Met eerstehandse ervaring van werk in die onderwys, is Wilma Barry se reaksie op Marlene van Niekerk se Mud School 'n roerende boodskap aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.
Kom vier die digkuns by #TuinvanDigters 2014, 13 & 14 September.
Volledige program:
Film deur Charl du Preez, Inheritance MG:
Tuin van Digters 2013: Melt Myburgh reageer op Marlene van Niekerk se Mud School
Melt Myburgh reageer by Tuin van Digters 2013 op Marlene van Niekerk se gedig, Mud School, geskryf aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.
Melt gesels ook by Tuin van Digters 2014 met Andries Bezuidenhout oor Andries se bundel, Die veelvuldige gebruike van huishoudelike items.
Kom luister saam:
Film deur Charl du Preez, Inheritance MG,
Adam Small: 1936-2016
Afrikaans People's Poet Adam Small, after a silence of 40 years, speaks again at the Breytenbach Sentrum in his hometown Wellington.
SARIE se 65ste verjaardagpartytjie #SARIEkaramel
SARIE het haar 65ste verjaardag met ‘n SARIE karamel-partytjie in die Kaapse kantoor gevier. Kokkedoor-wenner Johnny Hamman het ‘n viergangmaal gekook en talle bekende het dié glansgeleentheid bygewoon. Anna-Mart van der Merwe, Emo Adams, Amy Kleinhans-Curd, Deon Lotz, Sandra Prinsloo, koskenners Errieda du Toit en Hetta van Deventer, radio-omroepers Martelize Brink en Tracey Lange, Pedro Kruger, Marion Holm was van die bekendes by die lang tafel.
World Justice Forum IV| Multidisciplinary Perspectives on the Importance of the Rule of Law
World Justice Forum IV| Multidisciplinary Perspectives on the Importance of the Rule of Law
Moderated by Maria Livanos Cattaui, Former Secretary-General, International Chamber of Commerce (Switzerland). Speakers included Anthony Kennedy, Associate Justice, Supreme Court of the United States (USA); Thabo Makgoba, Archbishop of Cape Town (South Africa); Santiago Siri, Founder & Chief Innovator, Grupo 42 (Argentina); and Sakena Yacoobi, Founder & Executive Director, Afghan Institute of Learning (Afghanistan).
THE WORLD JUSTICE FORUM IV | 8-11 JULY 2013 | THE HAGUE, NETHERLANDS
The World Justice Forum brought together more than 550 global luminaries, business and nonprofit leaders, social entrepreneurs, development practitioners, journalists, military leaders, and legal experts from more than 100 countries to address critical rule of law issues related to economic development, technology, supply chains, women's rights, freedom of expression, and more. The Forum was organized by The World Justice Project (WJP), an independent organization working to advance the rule of law worldwide.
THE WORLD JUSTICE PROJECT:
The World Justice Project (WJP) is an independent, non‐profit organization working to advance the rule of law around the world. Our multi-national, multi-disciplinary efforts are dedicated to developing practical programs at the community level, increasing public awareness about the concept and practice of the rule of law, and stimulating government reforms. For more information, please visit
Watter rol speel sosiale media in stempatrone? Seg 3 – PRONTUIT | 29 April 2019 | kykNET
Watter rol speel sosiale media in stempatrone? Seg 3 – PRONTUIT | 29 April 2019 | kykNET
Kenners wonder toenemend of die demokratiese stelsel die beste stelsel vir ons land en vasteland is, aangesien dit lyk of kiesers ontnugter is deur dié stelsel – en daarom nie gaan stem nie. Dan is daar nog sosiale media wat kiesers beïnvloed. Ons gesels met professore Andries Bezuidenhout van Fort Hare en Christi van der Westhuizen van die Nelson Mandela Universiteit en Anton Meijer ‘n joernalis van Pretroria FM.
Those in the know have increasingly been expressing their concern over the suitability of democracy to address the issues faced by African states due to the perceived disillusionment of voters and the citizenry as a whole. In addition there is the ever present, social media presence that plays a definite role in how voters decide to cast their ballot. We chat to professors Andries Bezuidenhout of Fort Hare and Christi van der Westhuizen of the Nelson Mandela University as well as Anton Meijer ‘n journalist at Pretoria FM.
---
Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot.
Volg kykNET op Twitter:
Like kykNET op Facebook:
Besoek
kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie!
Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!
Wat sê die kritici oor Disrupted Land? SEG 2 - PRONTUIT | 01 APR 2019 | kyknet
PRONTUIT – AFRIFORUM SE DISRUPTED LAND – SEG 2 – 01 APR 2019
Wat sê die kritici oor Disrupted Land?
Is daar waarde aan alternatiewe sienings oor die geskiedenis? Hoe beinvloed dit die diskoers rondom grondbesit in Suid-Afrika. Word apartheid en gedwonge verskuiwings van die verlede vergoeilik? Sommige kritici het Disrupted Land as “immoreel en afstootlik” beskryf. Maar is dit so eenvoudig, of is dit juis so eenvoudig? Ons gesels met Ernst Roets van Afriforum en vervaardiger van Disrupted Land, Sihle Ngobese van die Instituut vir rasseverhoudinge en Alida Kok, ’n dosent in politieke wetenskap by Akademia.
Do alternative views regarding the history of South Africa have a place in our society? How do these alternative views regarding the history of land ownership and forced removals influence the current discourses on land ownership in the country? Does the documentary Disrupted Land attempt to white wash apartheid history to some degree? Some critics have described Disrupted Land as “immoral” and view it with contempt. But are the issues at hand this simple? We chatted to Ernst Roets, of Afriforum and the producer of Disrupted Land, Sihle Ngobese of the Institute for Race Relations and Alida Kok, a lecturer in political sciences at Akademia, about Disrupted Land. We combined a number of the controversial statements in the documentary and will view this before we head into the discussion.
---
Wees deel van kykNET se Youtube-kanaal vir soveel meer kykgenot.
Volg kykNET op Twitter:
Like kykNET op Facebook:
Besoek
kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie!
Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!
FVZS Discourse Café: Antjie Krog (SUMMARY)
Antjie Krog, acclaimed South African poet, writer and journalist was the guest at the recent FVZS Discourse Café.
--
Antjie Krog, bekroonde Suid-Afrikaanse digter, skrywer en joernalis was die gas by die onlangse FVZS Diskoerskafee.
Tuin van Digters 2013: Engela Duvenhage reageer op Marlene van Niekerk se Mud School
Op die noot van teveel Tannie Carike Keuzenkamp treffers, reageer Engela Duvenhage ook op Marlene van Niekerk se Mud School, geskryf aan die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.
Engela was een van vele digters wat hul gedigte kom voorlees het by Tuin van Digters 2013. Kom maak self ook so tydens ons 2014 digtersfees, 13 & 14 September.
Volledige program:
Film deur Charl du Preez, Inheritance MG,